Tuisgemaakte kosblikkies · Nelspruit
Kos soos Ouma dit gemaak het, elke skooldag.
Voedsame, tuisgemaakte kosblikkies vir skoolkinders in en om Nelspruit, met liefde voorberei deur Jeanette[, Onthoukok op Kokkedoor: Klassiek].
Vanaf R[__] per blik · Afgelewer by die skool

Hoe dit werk
Drie eenvoudige stappe, en jy het een ding minder om oor te bekommer in die oggend.
Kies jou dae
Bestel vir die hele week, of kies net die dae wat jy nodig het.
Vul jou kind se besonderhede in
Skool, klas en enige allergieë of voorkeure.
Ons lewer by die skool af
Vars voorberei en betyds by die skool, elke dag wat jy gekies het.
Oor Jeanette
Kos vir skoolkinders is 'n familietradisie
In 1933, in die hartjie van die depressiejare, het Jeanette se ouma, Ouma Bettie, 'n skoolkoshuis bestuur. Haar begrotings en spyskaarte vir die kinders lê vandag nog in die familie se ou skryfboeke, langs groottante Marie Beyers van Swellendam se resep vir mosbeskuit.
Jeanette het daardie boeke geërf, en Ouma Bettie se kamee-ring ook. Sy dra dit steeds as sy die ou resepte oopslaan. Saam met die boeke en die ring het sy die gewoonte geërf: kos wat eenvoudig is, wat vul, en wat met sorg gemaak word. Nou maak sy dit vir jou kinders.
Die kas in ons embleem kom van die Kaap. Die makadamia- en sitrusblare kom van hier, uit die Laeveld.
Lees die stories in Uit die KasBinnekort
Uit die Kas
Stories en resepte uit Jeanette se familie se ou skryfboeke. Een herinnering en een resep op 'n slag, eers getoets in haar eie kombuis.

Swellendam
Groottante Marie se mosbeskuit
Aartappels, hops en geduld: 'n halwe bottel mos vir twaalf pond meel.

Uit die dagboek
Wat het 'n kind om elfuur geëet?
Kaas, en brood met konfyt. Die oorspronklike elfuurtjie, presies in die pouse wat Jeanette nou vul.

Op 'n poskaart
'n Verjaardagkoek per pos
Rosyne, kaneel en naeltjies, in ink geskryf op 'n halfpennie-poskaart.
Uit Jeanette se kombuis
'n Voorsmakie van haar kookkuns.
Tuisgemaak
Elke blik word in Jeanette se kombuis voorberei, nie in 'n fabriek nie.
Gebalanseerd
[Proteïen, groente, vrugte en iets lekkers] in elke blik.
Veilig
Allergieë word ernstig opgeneem. Laat weet ons met die bestelling.
Skole waarheen ons aflewer
Jou skool nie op die lys nie?
WhatsApp of e-pos vir Jeanette by jeanette@netjeanette.co.za, en ons kyk wat ons kan doen.
WhatsApp 082 9295 365